IN THE NEWS – Beeld 9 April 2013
The following article appeared in the Afrikaans medium newspaper Beeld:
Unieke ietermagog se stryd omoorlewing
Die skaars en bedreigde ietermagog kan selfs ’n nuuskierige leeu afskud, maar geelektrifiseerde wildheinings maai hulle steeds af, skryf Eben Human.
Die ietermagog is die enigste soogdier wat homself met skubbe beskerm.
Daar is vier soorte in Afrika en nog vier in Indië en elders in die Ooste.
’n Mens sal hom selde sien – selfs nog minder as ander nagdiere soos die erdvark en die springhaas, wat jy in dieselfde gebied vind.
Gesels jy met ’n navorser soos Darren Pietersen van die Universiteit van Pretoria, kom jy agter die ietermagog is nie heeltemal so skaars soos jy eers vermoed het nie. Pietersen is betrokke by werkgroepe wat oplossings soek vir die bewaring van die ietermagog.
Hy werk tans in die Kalahari, waar hy dikwels sien hoe ietermagogs deur wildheinings doodgeskokword . Stropery, veldbrande en insekdoders is ander bedreigings, maar Pietersen werk hard aan planne om’n oplossing te vind met ’n beter ontwerp vir die wildheinings.
’n Ietermagog kan ’n leeu afskrik wanneer hy hom oprol, maar loop hy met sy sensitiewe maaggedeelte in so ’n elektriese draad vas, is dit ’n ander storie. Hy reageer instinktief en rol hom op om die draad, waar hy dan dood aangetref word. Die elektriese stroomvan die heining kan 7000 volt en meer wees. Al is die stroom nie so sterk nie, kan die ietermagog van blootstelling en verhongering vrek terwyl hy opgekrul aan die draad hang.
“Ons kyk nog na die ideale ontwerp van so ’n heining waarmee ons kan keer dat ’n ietermagog onnodig doodgemaak word,” het Pietersen gesê.
My indruk was nog altyd dat die ietermagog ’n baie klein dier is. Pietersen wys daarop dat hulle in dieKalahari gemiddeld 10 kg kan weeg en in die Bosveld 15 tot 18 kg.
Vir haar boek Aardwolf tot Ystervark – Vrae en Antwoorde het Riëtte Conradie van Struisbaai ook gaan kyk nawaar die ietermagog se naam vandaan kom.
In Engels heet hy pangolin, en dit is afgelei van die Maleise woord peng-poling, wat verwys na sy vermoë om hom op te rol. “Ietermagog” is egter afgelei van Tswana se macho-cho, wat “mier” beteken, terwyl magogwe die woord vir “ratel” is.
In Conradie se boek word daarop gewys dat die ietermagog se skubbe ’n ondeurdringbare skild vorm wat hom selfs teen hiënas en luiperds beskerm – wat hom soms vang. Die skubbe en die vel vorm tot ’n derde van die dier se totale massa.
Die ietermagog se dieet bestaan hoofsaaklik uit miere. Hiervoor het hy ’n baie lang tong. Die Afrika Ietermagogwerkgroep, waarvan Pietersen
die voorsitter is, is besig met verskeie navorsingsprojekte. Van hierdie diere is al van ’n sendertjie voorsien om hul bewegings deeglik te monitor.
Pietersen en ’n mede-navorser, prof. Ray Jansen, lei van die navorsing omonder meer te kyk na die verspreidingsgebiede van Afrika se
ietermagog-spesies. Die ietermagog word al byna as ’n mitiese dier beskou omdat hy so min gesien word.
Download the origianl article here